Cliffortia varians is 'n struik wat tot die Rosaceae-familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom naby Bonnievale op die walle van die Breederivier in 'n voorkomsgebied van 10 km² voor. Die plant is deel van die fynbos-bioom en word bedreig deur gewasverbouing en oorbeweiding. Die spesie het ongeveer 30% van sy habitat afgestaan aan lande wat om geploeg is.
Daar was 'n tyd gelede vermoed dat die spesie 'n hibried tussen C. obovata en C. crenatata mag wees.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
varians Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika