Cliffortia phyllanthoides is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom van Botrivier tot by Elim, meestal op padskouers en ou veld, voor. Die plant het reeds 30% van sy habitat verloor maar die populasie is tans stabiel, dit blyk om te oorleef waar sy habitat versteur word. Die spesie is deel van die fynbos-bioom.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
phyllanthoides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika