Cliffortia integerrima is 'n struik wat tot die Rosaceae-familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom hoofsaaklik in die Kaapse Skiereiland voor. Die plant het reeds 30% van sy habitat weens ontwikkeling aan die voet van Tafelberg verloor oor die afgelope 120 jaar. Die meeste van die oorblywende populasie kom in die Tafelberg- Nasionale Park voor en is dus beskerm. Die plant is deel van die renosterveld- en fynbos-biome.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
integerrima Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika