Cliffortia monophylla is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom van Houwhoek deur Napier tot by Swellendam voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2320 km² en daar is nege subpopulasies oor nadat dit groot gedeeltes van sy habitat verloor het weens gewasverbouing, ontwikkeling, die gebrek aan brande en indringerplante. Die plant is deel van die renosterveld en fynbos-biome.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
monophylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika