"Ma Baker" is 'n liedjie deur die diskogroep Boney M. Dit is in 1977 as 'n enkelspeler uitgereik. Dit was die eerste enkelspeler van hulle tweede album, Love for Sale. Die liedjie was 'n groot sukses in Europa en was in baie lande boaan die trefferlyste.
Die liriek deur Fred Jay is geïnspireer deur die verhaal van die legendariese "misdadiger" van die 1930's Ma Barker. Die naam is egter na "Ma Baker" verander "omdat dit beter klink".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Musiek van Duitsland Kategorie:Barker-Karpis-bende