Die ribbokbos (Justicia orchioides) is 'n struik wat deel is van die Acanthaceae -familie. Die spesie is endemies in Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap, vanaf St. Francisbaai tot by Addo, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2008 km² en daar is sewe subpopulasies. Die plant word bedreig deur ontwikkeling, indringerplante en degradasie van die populasie.

Subspesies Daar is twee subspesies: Justicia orchioides subsp. glabrata Immelman Justicia orchioides subsp. orchioides

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

orchioides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika