Drosanthemum acutifolium is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap voorkom. Die monster is naby Riversdal verkry, daar word vermoed dat die plant tot by Montagu voorkom. Die plant is deel van die fynbos- en Sukkulente Karoo-biome. Daar is egter min bekend omtrent die spesie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

acutifolium Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika