Drosanthemum pulverulentum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Noord- en die Wes-Kaap, vanaf Kotzesrus tot by Klawer, voorkom. Dit kom veral op die Knersvlakte voor en is deel van die Sukkulente Karoo-bioom.

Die plant word moontlik bedreig deur mynbouaktiwiteite op die suidelike Knersvlakte. Gewasverbouing in die Olifantsrivier- en Doornriviervalleie is ook 'n moontlike bedreiging.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pulverulentum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika