Drosanthemum striatum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap vanaf Malmesbury en Worcester tot by Swellendam en Bredasdorp voorkom.

Die spesie het 'n voorkomsgebied van 5 800 km² en is deel van die fynbos- en renosterveld-biome. Daar is tans nog tien subpopulasies bekend nadat die plant baie van sy habitat afgestaan het aan koringverbouing en die aanlê van wingerde. Die bedreiging bestaan steeds. Die plant staan ook bekend as vleisbos.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

striatum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika