Drosanthemum longipes is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Noord- en Wes-Kaap voorkom. Die spesie word op die noordooste van die Sederberg tussen die Botterkloofpas, Pakhuispas en Wuppertal aangetref.
Die plant het 'n voorkomsgebied van 753 km² en is deel van die fynbos- en Sukkulente Karoo-biome. Dit groei meestal op suidelike en westelike hellings. Daar is tien subpopulasies bekend; die plant word moontlik bedreig deur die uitbreiding van die rooibosteebedryf.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
longipes Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika