Wingfield Aerodrome was eers die Kaapstadse Munisipale lughawe, daarna Lugmagstasie Wingfield onder die SALM, voordat dit as 'n Fleet Air Arm-basis deur die Britse Vloot (Royal Navy) gebruik is. Na die Tweede Wêreldoorlog het die vliegveld vir 'n rukkie teruggekeer na 'n munisipale lughawe. Die geskiedenis van Wingfield is sinoniem met die geskiedenis van lugvaart in Suid-Afrika, insluitend baanbrekerspogings tot kommersiële lugvaart.Select Books, Cape Town
Vroeë landingsterrein in die Kaap In die vroeë dae van lugvaart was al wat nodig was vir opstyg en land 'n gelyk stuk grond relatief vry van obstruksies. Waar 'n vlug begin en geëindig het, het meestal afhang van die weer, die rede vir die vlug, die meganiese toestand van die vliegtuig en selfs die vlieënier se giere.
Navigasie is uitgevoer deur 'n pad of spoorlyn te volg en na prominente landmerke soos Tafelberg te verwys.
Daar was geen reëls wat laagvlieg of landing binne stadsgrense verbied het nie.
Plekke in die omgewing van Kaapstad wat bekend was om as vliegvelde gebruik te word, sluit in Kenilworth-renbaan, Groenpunt-meent en Groenpunt-fietsbaan, Seepunt, Robbeneiland, Maitland-meent, Rosebank-skougronde en mnr. Young se plaas naby Wynberg asook plaaslike strande.
Dit het etlike jare geduur voordat die kommersiële vooruitsigte van lugvaart aangegryp sou word en 'n lugvaartinfrastruktuur in plek gestel is.
Tweede Wêreldoorlog Na die uitbreek van Tweede Wêreldoorlog het die voormalige Kaapstadse burgemeester en sakeman, David Pieter de Villiers Graaff, die grond aan die regering verkoop om die oorlogspoging te help op voorwaarde dat dit na sy landgoed sou terugkeer na die oorlog, en die regering geen verdere militêre gebruik daarvoor het nie. Dit het gelei tot die stigting van die Wingfield Aerodrome. duimnael|'n Fleet Air Arm Hellcat FI In September 1939 is die 15 Eskader SALM by Germiston gevorm met drie voormalige SAL Junkers Ju 86-vliegtuie wat vir maritieme patrollies gebruik is. Nadat die eskader na Wingfield verhuis het, is die eskader geabsorbeer as 'n Vlug van 32 Eskader SALM.The South African Air Force
Munisipale vliegveld Kaapstad Internasionale Lughawe is nou die primêre lughawe wat die stad Kaapstad bedien, en is die tweede besigste lughawe in Suid-Afrika en derde besigste in Afrika. Die lughawe is in 1954 geopen om Kaapstad se vorige lughawe by Wingfield te vervang.
Goodwood Korrektiewe Sentrum Oktober 1997 is een van die modernste tronke in Suid-Afrika, die Goodwood Korrektiewe Sentrum, met 'n kapasiteit van 1692 beddens amptelik geopen. Dit is gebou op Wingfield-grond noord van die N1-hoofweg. Dit funksioneer in lyn met die konsep van rehabilitasie.
Akasiapark In 1947 is 'n woonbuurt genaamd Sassar op 'n gedeelte van Wingfield Aerodrome opgerig vir die akkommodasie van amptenare van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens. Vanaf 1948 het dit ook huisvesting verskaf aan staatsamptenare en parlementslede wat jaarliks na Kaapstad migreer vir die parlementêre sitting.
Op 1 Desember 1959 is die naam verander na Akasiapark vanweë die baie portjackson-wilgerbome wat daar groei. ’n Laerskool is gebou en voorsiening gemaak vir sport- en ander ontspanningsgeriewe.
Op daardie stadium is kinders in die laerskool onderrig volgens die Transvaalse leerplan en was hulle onder beheer van die Transvaalse Onderwysdepartement.
Akasiapark is tans een van 3 parlementêre dorpies in Kaapstad.
Verwysings
Eksterne skakels Foto van 'n SAL Skymaster wat die Wingfield-lughawe, Kaapstad verlaat (1950)
Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika