Drosanthemum chrysum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap naby Ladismith voorkom. Daar is tien subpopulasies met 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km².
Die spesie word op die hellings op hoogtes van 750-1100 m gevind. Die plant is deel van die renosterveld- en fynbos-biome en word as seldsaam beskou.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
chrysum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika