Drosanthemum austricola is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap op die Agulhasvlakte voorkom.

Dit het 'n voorkomsgebied van 7200 km² en daar is nege subpopulasies. Die plant word bedreig deur gewasverbouing soos proteas en wingerde, indringerplante en menslike ontwikkeling aan die kus. Die plant is deel van die fynbos-bioom.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

austricola Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika