Laerskool Bakenkop is 'n Afrikaansmedium-laerskool in Wierdapark, Centurion, Suid-Afrika.
Die skool se visie is: "Om ons leerders se volle potensiaal te ontwikkel".https://www.laerskoolbakenkop.co.za/index.php/tuisblad/credo
Van die sportaktiwiteite wat by die skool aanbied word, is atletiek, netbal, fietsry, gholf, skaak, landloop, hokkie, boogskiet, jukskei, krieket en minikrieket.
Van die kultuuraktiwiteite wat by die skool aangebied word is: koor, revues, redenaars, toneelgroep en Voortrekkers.
Geskiedenis Die Laerskool Bakenkop is in Januarie 1982, onder die dak van Laerskool Wierdapark geopen. Die skool het aanvanklik bekend gestaan as die Tweede Laerskool Wierdapark onder leiding van die waarnemende hoof, mnr P.S.N. Swart.
Op 23 April het die laerskool hulle eie gebou betrek in Underbergstraat 5, Wierdapark. In Oktober 1982 het die skool sy naam, Laerskool Bakenkop, gekry.
Mnr Willie Fouriehttps://www.laerskoolbakenkop.co.za/images/Personeel_2022.pdf is die huidige skoolhoof (2022).
Skoollied Die skoollied is deur Koos du Plessis geskryf en getoonset: Trou aan ons eie rig Bakenkop
Trots, maar in ootmoed 'n baken op
Baken van kennis geloof, hoop en moed
Op aarde gekoop met ons bloed.
Laat ons met wysheid ons land deurdrenk
Met al die gawes wat u ons skenk
Gee dat ons dade u raadsplan sal dien
Ons oë U koninkryk sien.
Neerlae en seges vul elke dag
Maar ons streef hoër, want Hoër Krag
Vul ons met ywer, met vreugde en trots
Want Bakenkop staan op 'n Rots.
Verwysings
Eksterne skakels
Laerskool Bakenkop se webtuiste
Kategorie:Skole in Gauteng Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria