Ruschia holensis is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en kom in die Wes-Kaap by Lutzville voor waar dit deel van die Sukkulente Karoo is. Die spesie is onbekend, dit is beskryf van een monster wat in 1964 gevind is. Die plant word tans as seldsaam beskou en daar is onsekerheid of dit nog bestaan of as uitgestorwe beskou moet word.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

holensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika