Ruschia indurata is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat inheems aan Suid-Afrika is en kom in die Noord-Kaap, Oos-Kaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap voor. Die spesie kom vanaf Beaufort-Wes in die Karoo tot by Steynsburg en Steytlerville in die Oos-Kaap en moontlik tot by Bloemfontein voor. Dit is onder andere deel van die Nama-Karoo-ekostreek.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
indurata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika