Nota: moet nie verwar word met Frederik I van Lotaringe nie

Frederik I (Frans: Ferry of Ferri) (omstreeks 1143 – 7 April 1206) was vanaf 1205 tot sy dood Hertog van Lotaringe. Hy was die tweede seun van Matteus van Lotaringe en Berta van Swabe (ook bekend as Judith), dogter van Frederik II van Swabe. Hy het sy broer Simon II opgevolg. Simon het hom in 1176 aangestel oor die graafskap van Bitche, en deur die Verdrag van Ribemont (1179) sy seggenskap oor die noordelike, Germaanssprekende deel van Lotaringe erken. Berta wou gehad het dat hy al sy vader se besittings oorneem, maar 'n uitmergelende burgeroorlog van drie jaar het hom slegs Bitche en 'n halwe porsie daarvan besorg.

Simon II het in 1205 uitgewyk na 'n klooster en Frederik se seun, Frederik II van Lotaringe, as erfgenaam erken. Nieteenstaande die feit het Frederik al die besittings geërf, maar hy is egter 'n jaar later dood. Derhalwe is die erfenis en besittings deur sy seun geërf, déúr sy moeder Ludmilla (1150–1223),Michel Parisse, Noblesse et chevalerie en Lorraine médiévale: les familles nobles du XIe au XIIIe siècle, (Service des publications de l'Université de Nancy II, 1982), 400. dogter van Mieszko III die Ouere (van die Piaste-dinastie), Hertog van Groot-Pole, en Koning (aartshertog) van Pole. Hul kinders was:

Frederik II, sy opvolger in Lotaringe Diederik die Duiwel (le Diable), meester van Autigny, wat getroud was met Gertruida de Montmorency, dogter van Mathieu II le Grand, Connétable van Frankryk. Hendrik die Lombaard, wat die kasteel van Bayonne opgerig het Fillipus (sterf in 1243), meester van Gerbéviller Matteus (1170–1217), Biskop van Toul Agaat (sterf in 1242), abtes van Remiremont Judith, getroud met Hendrik II, Hertog van Salm Hediwge (sterf in 1228), getroud met Hendrik I, Hertog van Zweibrücken Cunigunda, getroud met Walram III van Limburg

Verwysings

Kategorie:Geboortes in die 1140's Kategorie:Sterftes in 1206