Kas van den Bergh (15 Augustus 1925 Matlapein, distrik Rustenburg – 5 Januarie 1997) was 'n Afrikaanse skrywer en rubriekskrywer.
Sy pa was 'n Christelik-Nasionale Onderwys (C.N.O.)-onderwyser wat naby Pilansberg geboer het en hom later in Pretoria gevestig het. Kas se skoolopleiding was by Hoër Volkskool in Potchefstroom. In 1949 behaal hy 'n LLB.-graad aan die Universiteit van Pretoria, waarna hy hom in Randfontein vestig om as prokureur te praktiseer. Hy het gereeld rubrieke vir die Huisgenoot ('Saterdagaand tuis'), Rooi Rose en ander tydskrifte en koerante geskryf, en ook 'n groot aantal speurromans, kortverhale, reekse en romans.
Hy het met 'n medestudent, Nellie Schlimmer, getrou en saam het hulle drie dogters, Rena, Sonia en Kieta in Randfontein grootgemaak. Rena het in haar pa se regsvoetspore gevolg en professor in Regsleer aan die Universiteit van Suid-Afrika geword. Kas se boerderywortels het sterk gebly en hy het teruggekeer na die Rustenburgse bosveld.
Werke
"Elke mossie wat val" "Man uit die vreemde" "Diamante spel troewe" "Die belydenis van Dr Elmarie" "Die berader" "Die beste van Kas van den Bergh: ´n omnibus van sewe verhale" "Blommetjie" "Kom huis toe asseblief" "Die Witmens se wette" "Die nuwe lewe" "Kain en Abel" "Andriesie" "Die lienk" "Die dinge langs die pad" "Die donker dae" "Die dood lag saam" "Die geval Lisinda" "Die goue tong" "Die jare tussenin" "Die Vontsteen-verhoor" "Die kampioen" "Die skuldiges" "Die verraaier" "Die wreker" "Doring tussen die rose" "Dwaalspoor van die liefde" "Elize" "Elke mossie wat val" "Held sonder keuse" "Jou uur het geslaan!" "Jy soek die dood" "Jy speel met die dood" "Kandidaat vir die galg" "Kas van den Bergh-Omnibus (Die wreker/Man uit die vreemde/ Die verraaier)" "Liefde wat krom is" "Liedjie van verlange" "Man uit die vreemde" "Môre se drome" "My mooi meisie" "My mooiste meisie" "‘n Galg vir Lisinda" "‘n Middag in die najaar" "Ontvlugting" "‘n Oomblik van ewigheid" "Nuwe seun op Overvaal" "Pad na Eensaamheid" "Saterdagaand tuis" "Sing jou lied van liefde" "Skaduwee oor Overvaal" "Skemerlig van liefde" "Soos wind deur populiere" "Spesialiste van Overvaal" "Twee keer moord" "Twee stories vir middernag" "Verdoem nie die getuie "Vlieë teen die ruite" "Vlug vir jou lewe!"
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 1997 Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Alumni van Hoër Volkskool, Potchefstroom Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria