Ruschia subteres is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap naby Touwsrivier voorkom. Die spesie is geïdentifiseer na aanleiding van een monster wat in 1933 bekom is en is nog nooit in die natuur gevind nie. Dit mag selfs uitgestorwe wees.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
subteres Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika