Manchester-lughawe is 'n internasionale lughawe by Ringway, Manchester, Engeland, 14 km of 8,6 myl suidwes van Manchester se middestad. In 2019 was dit die derde besigste lughawe in die Verenigde Koninkryk wat passasiersgetalle betref en die besigste van diegene wat nie Londen bedien nie.

Die lughawe bestaan uit drie passasiersterminale en 'n vragterminaal, en is die enigste lughawe in die Verenigde Koninkryk buiten Heathrow-lughawe wat twee aanloopbane oor 2 999 meter in lengte bedryf. Manchester-lughawe beslaan 'n oppervlakte van 560 hektaar en het vlugte na 199 bestemmings, wat die lughawe wêreldwyd dertiende plaas vir totale bestemmings wat bedien word.

Nadat dit op 25 Junie 1938 amptelik geopen is, het dit aanvanklik bekend gestaan as Ringway Airport, 'n naam wat steeds in plaaslike gebruik is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit 'n basis vir die Britse Lugmag (Royal Air Force), as RAF Ringway. Die lughawe word besit en bestuur deur die Manchester Airport Holdings, 'n beheermaatskappy wat besit word deur die Australiese finansieringshuis IFM Investors en die tien metropolitaanse stadsrade van Groter Manchester, met Manchester Stadsraad wat die grootste belang besit. Ringway, waarna die lughawe vernoem is, is 'n dorpie met 'n paar geboue en 'n kerk aan die westelike rand van die lughawe. duimnael|300px|Manchester-lughawe vanuit die suidweste gesien

Passasiersterminale

Manchester-lughawe het drie passasiersterminale. Terminale 1 en 2 word deur die skylink verbind, met outomatiese rolloopvlakke om passasiers te help met die 10–15 minute se stap. Terminaal 3 is aan Terminaal 1 gekoppel en die skylink deur 'n bedekte wandelpad. Die "skylink" verbind ook die terminale met die lughawe-treinstasiekompleks (bekend as "The Station") en die Radisson BLU Hotel. Skylink 1 is in 1993 geopen. Skylink 2 het in September 1996 saam met die Radisson geopen.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Lughawens in Engeland