Rahonavis (van die Malagassiese rahona, "wolk" of "bedreiging", en die Latynse avis, "voël") is 'n genus voëlagtige teropode uit die laat Kryt, sowat 70 miljoen jaar gelede, van wat nou Noordwes-Madagaskar is. Dit is bekend van 'n gedeeltelike skelet wat in 1995 deur die Amerikaanse paleontoloog Catherine Forster en haar kollegas naby Berivotra in die provinsie Mahajanga ontdek is.Tudge, Colin (2009) The Bird:A Natural History of Who Birds Are, Where They Came From, and How They Live
Oorsig Rahonavis was 'n klein roofdier, sowat 70 cm lank en met 'n gewig van 0,45-2,27 kg.Holtz, Thomas R. jr. (2008) Dinosaurs: The Most Complete, Up-to-Date Encyclopedia for Dinosaur Lovers of All Ages Supplementary Information Dit het die tipiese opgeligte sekelklou van die Velociraptor aan die tweede toon gehad. Dit was die eerste selurosouriër wat in Afrika ontdek is tot met die ontdekking van die Nqwebasaurus in 2000.
Die spesienaam, R. ostromi, is ter ere van die Amerikaanse paleontoloog John Ostrom.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Dinosourusse