Paraves is 'n wydverspreide groep teropode-dinosourusse wat in die middel van die Juraperiode ontstaan het. Benewens die uitgestorwe Dromaeosauridae, Troodontidae, Anchiornithidae en Scansoriopterygidae, bevat die groep ook die klade Avialae, waaronder meer as 10 000 spesies lewende voëls.

thumb|links|170px|Moderne voëls, lede van Paraves, is die enigste oorlewende dinosourusse. Beskrywing Nes ander teropodes is alle lede van Paraves tweevoetig en loop hulle op hulle agterpote.

Die tande van primitiewe lede van Paraves was gebuig en geriffel, maar nie lemagtig nie, behalwe in sommige gespesialiseerde spesies soos Dromaeosaurus albertensis. Die geriffelde dele aan die voorkant van die Dromaeosauridae en Troodontidae se tande was klein en fyn, terwyl die agterkant s'n groot en krom was.

Die meeste van die vroegste spesies van Paraves was karnivore, hoewel dit bekend is dat sommige van die kleiner spesies (veral in Troodontidae en vroeë lede van Avialae) omnivore (allesvreters) was. Daar is al voorgestel dat die groep se voorsate ook omnivoor was, met sekere lyne wat streng karnivoor geword het.

Volgens fossiele was voorsate se bene en voete ook met vere bedek, moontlik van die Coelurosauria af, hoewel dié eienskap later meestal verlore gegaan het in meer ontwikkelde voëls.125-Million-Year-Old Biplanes: New Evidence Suggests the Earliest Bird Species Had Feathers on their Hind Limbs Vroeë lede van Paraves is bekend vir 'n vergrote klou aan die tweede toon, wat sommige spesies van die grond af opgelig het wanneer hulle geloop het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Voëls Kategorie:Dinosourusse