Scansoriopteryx ("klimmende vlerk") is 'n genus dinosourusse wat tot Maniraptora behoort. Dit is beskryf van 'n enkele jong fossiele spesimen wat in Liaoning, China, ontdek is en was so groot soos 'n mossie. Dit het aanpassings aan die voete gehad wat dui op 'n boomklimleefstyl.

Scansoriopteryx het 'n ongewone, verlengde derde vinger gehad wat 'n membraanagtige vlerk kon ondersteun het. By die tipespesimen is die afdrukke van vere gevind.Czerkas, S.A., en Yuan, C. (2002). "An arboreal maniraptoran from northeast China." Pp. 63-95 in Czerkas, S.J. (red.), Feathered Dinosaurs and the Origin of Flight. The Dinosaur Museum Journal 1. The Dinosaur Museum, Blanding, VSA PDF-weergawe

Die meeste navorsers beskou die genus as 'n sinoniem vir Epidendrosaurus, terwyl sommige Scansoriopteryx as die junior sinoniem beskou,Padian, Kevin. (2001) "Basal Avialae" in "The Dinosauria" in "The Dinosauria: 2de uitg." University of California Press. 2004. hoewel dit die eerste geldige naam was wat gepubliseer is.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Dinosourusse