Kasja is 'n soort pap in Oos-Europa wat van bokwiet of 'n soortgelyke graan gemaak word. Dit kan gebak word, maar word meestal gekook, in óf water óf melk. Die woord kan ook verwys na die fyngemaakte graan. In lande soos Belarus (каша), Tsjeggië (kaše), Litaue (košė), Pole (kasza), Roemenië en Moldowa (caşa), Rusland (каша), Slowakye (kaša), Kasakstan en Oekraïne (каша) kan die term benewens na bokwiet ook verwys na koring, gort, hawermout, manna of rog. Kasja is minstens duisend jaar al deel van die Slawiese dieet.Molokhovets, Elena (1998). Classic Russian Cooking. Indiana University Press. p. 331.
Die gebruik van die woord in sommige tale het waarskynlik sy oorsprong by Joodse immigrante (Jiddisj: קאַשי, kashi; letterlik "pappe").Steinmetz, Sol. Dictionary of Jewish Usage: A Guide to the Use of Jewish Terms. p. 42. .
Verwysings
Skakels
Kategorie:Graangeregte Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Oekraïense kookkuns Kategorie:Boheemse kookkuns