thumb|220px|links|'n Russiese koelebjaka met kool.

'n Coulibiac of koelebjaka (Frans: coulibiac, koulibiak; Russies: кулебя́ка) is 'n soort Russiese pastei wat gewoonlik gevul word met salm of witsteur, rys of bokwiet, hardgekookte eiers, sampioene, uie en dille. Die pastei word in deeg gebak, gewoonlik brioche of skilferdeeg.

Die beroemde Franse sjef Auguste Escoffier het die gereg in die vroeë 20ste eeu na Frankryk gebring en resepte daarvoor ingesluit in sy Complete Guide to the Art of Modern Cookery.

'n Klassieke coulibiac het verskeie vulsels, dikwels 'n mengsel van witvis en rys vir die boonste en onderste laag met vulsels van steur of salm tussenin. Die vulsels kom gewoonlik tussen dun pannekoeke voor om te keer dat dit meng.Kulebyaka with 5 fillings(rus.)

Coulibiac word ook met eenvoudiger groentevulsels soos kool of aartappels gemaak.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Russiese kookkuns Kategorie:Gebak