Björn (bewind tradisioneel 882-932)Die artikel "Björn" in Nordisk familjebok.) was volgens Noorse sagas 'n legendariese Sweedse koning. Volgens die Hervarar saga en Harald Skoonhaar se saga was hy die vader van Olof (II) Björnsson en Erik die Oorwinnaar. Hy was glo die seun van 'n Erik wat teen Harald Skoonhaar geveg en die broers Björn at Haugi en Anund Uppsale opgevolg het:
Koning Önund het 'n seun met die naam Erik gehad, en hy het die troon van Upsala ná sy vader bestyg. Hy was 'n ryk koning. In sy tyd het Harald Skoonhaar koning van Noorweë geword. Hy was die eerste een wat die hele land verenig het. Erik het by Upsala 'n seun Björn gehad wat die troon ná sy vader bestyg en lang regeer het. Björn se seuns, Erik die Oorwinnaar en Olaf het konings geword ná hulle vader."Hervarar saga ok Heiðreks", Guðni Jónsson en Bjarni Vilhjálmsson se weergawe by Norrøne Tekster og Kvad. Engelse vertaling deur N. Kershaw: "The Saga of Hervör and Heithrek" in Stories and Ballads of the Far Past, vertaal uit Noors, Yslands en Faroëes. Cambridge University Press, 1921.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Legendariese Sweedse monarge