Anund Jakob was van 1022 tot omstreeks 1050 koning van Swede. Hy is vermoedelik op 25 Julie 1008 of 1010 as "Jakob" gebore.Snorre Sturluson (1992), Nordiska kungasagor: Olav den heliges saga. Stockholm: Fabel", p. 107, 127 (Olav the Saint's Saga, hoofstuk 88 en 94) Hy was die seun van koning Olof Skötkonung.
Anund was die tweede Christelike koning van die land en sy lang en deels stormagtige bewind is gekenmerk deur die toenemende verspreiding van die Christendom sowel as herhaalde pogings om die magsbalans in Skandinawië te beïnvloed. Deur sy hele bewind het hy probeer om die opkomende Deense leierskap in Skandinawië omver te werp deur die Noorweegse monargie te steun. Hy het ook die bewind van Jaroslaf die Wyse in Kiëf-Roes, sy swaer, gesteun. Hy word in Duitse en Noorse historiese bronne in positiewe terme genoem. Sy bewind was een van die langstes in die Wikingtydperk en die Middeleeue in Swede.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Legendariese Sweedse monarge Kategorie:Sweedse monarge