Erik die Oorwinnaar (Oudnoors: Eiríkr inn sigrsæli, Sweeds: Erik Segersäll; c. 945-995) was omstreeks 970 'n Sweedse monarg. Hoewel daar vroeëre Sweedse konings was, is hy die eerste een met 'n aaneenlopende opvolging van wie in onafhanklike bronne melding gemaak word. Sweedse koningslyste begin dus gewoonlik by hom.Listing the Royal Court of Sweden

Sy seun Olof Skötkonung is egter die eerste koning wat gedokumenteer is wat beslis deur beide die oorspronklike Swede om die Mälarmeer en die Gaute om die Vätternmeer aanvaar word. Adam van Bremen berig oor die koning Emund Eriksson voor Erik, maar dit is nie bekend of hy Erik se vader was nie. Die Noorse sagas vertel van 'n Björn Eriksson,Hervarar saga, Saga van Harald Skoonhaar en Styrbjörn se saga maar word as onbetroubaar beskou.

Sommige bronne verwys na Erik die Oorwinnaar as óf koning "Erik V" óf "Erik VI". Dan word teruggetel vanaf Erik XIV (1560-1568), wat dié syfer aangeneem het volgens 'n 16de-eeuse werk oor die geskiedenis van Swede, Historia de omnibus Gothorum Sueonumque regibus. Dit is egter onseker of daar vorige Sweedse konings met die naam Erik was; sommige historici glo daar was verskeie vroeëre Eriks,Lagerqvist & Åberg in Kings and Rulers of Sweden pp. 8–9 terwyl ander die historiese egtheid van die primêre bronne bevraagteken.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Legendariese Sweedse monarge