Martin Brundle (gebore 1 Junie 1959) is 'n voormalige Britse renjaer, veral bekend as 'n Formule Een-jaer en as kommentator vir ITV Sport van 1997 tot 2008, die BBC van 2009 tot 2011, en Sky Sports sedert 2012.
Brundle het aan die 1983 Britse Formule Drie-kampioenskap deelgeneem en in die tweede plek ná Ayrton Senna geëindig, en die twee het die volgende jaar tot Formule Een gevorder. Brundle was die 1988 Wêreldsportmotorkampioen met Silk Cut Jaguar, met 'n rekordpuntetelling; en het die 1988 Daytona-24-uur, en die 1990 Le Mans-24-uuruithouren vir Jaguar Cars gewen.
Verwysings
Eksterne skakels
Quotes as an ITV commentator Geargiveer 21 Augustus 2020 op die Wayback Machine Fan site (geargiveer)
Kategorie:Britse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense