Die Ann Bryant-kunsgalery in Oos-Londen bestaan hoofsaaklik uit 'n groot permanente versameling oorwegend Suid-Afrikaanse skilderye.

Kunstenaars In die versameling skilderye, grafiese werke, beeldhouwerke en ander kunsobjekte deur Suid-Afrikaanse en buitelandse kunstenaars is werke deur onder andere Walter Battiss, Thomas Bowler Bettie Cilliers-Barnard Ernst de Jong, Nerine Desmond Zakkie Eloff Alfred Krenz Judith Mason, Dirk Meerkotter J.H. Pierneef, Alexis Preller Lawrence Scully, Cyprian Shilakoe, Maud Sumner Gordon Vorster Jean Welz

Ligging Die galery is by nagenoeg 33° 00′ 03″ suid, 27° 53′ 51″ oos met die adres St. Marksweg 9 in die buurt Southernwood. Die hoofingang is in St. Lukeweg.

Monument Die versameling word gehuisves in geboue wat dateer uit 1905, en is in die Victoriaanse styl met neo-klasssieke en Renaissance-eienskappe. Dit vorm 'n integrale deel van die historiese stadskern. Dus is die geboue op sigself al 'n gedenkwaardigheid. Mev. Ann Bryant het die huis en haar skilderye aan die stad geskenk met die doel om 'n kunsgalery te begin. Op 6 Februarie 1948 is dit vir die publiek oopgestel.

Bibliografie annbryant.co.za

Kategorie:Oos-Londen Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Kunsmuseums en galerye van Suid-Afrika Kategorie:Geboue en strukture in Oos-Londen