Die outeniekwagonna (Passerina falcifolia) is 'n boom wat tot die Thymelaeaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor, vanaf die Outeniekwaberge tot by die Zuurberg en die kuswoude naby Alexandria in die Oos-Kaap. Dit is deel van die fynbos.

Die boom se FSA-nommer is 520.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Passerina (plant) Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika