Moerdijk is 'n munisipaliteit en dorp in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, met 'n bevolking van sowat 37 000 in 2022 en 'n oppervlakte van sowat 184 km².
Die munisipaliteit is in 1997 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Fijnaart en Heijningen, Klundert, Standdaarbuiten, Willemstad en Zevenbergen. Die naam was eers Zevenbergen maar is in 1998 verander na Moerdijk.
Die Moerdijk-munisipaliteit lê oos van die Volkerak- en suid van die Hollandsch Diep-waters. Die Dintel- en Mark-riviere vorm die suidelike grens en die A16/E19-snelweg met die spoorlyn Dordrecht–Breda ongeveer die oostelike grens. Die munisipale gebied kom ooreen met die Westhoek-streek en vir 'n deel met die Markiezaat-streek.
Moerdijk is bekend om die Moerdijkbrûe oor die Hollandsch Diep, wat die belangrikste verbinding tussen Noord-Brabant en Zuid-Holland vorm. Die Moerdijk se hawe is die vierde seehawe van Nederland en fokus op volhoubare logistiek en (petro)chemiese en prosesindustrie.
Nedersettings
Stede: Klundert Willemstad Zevenbergen
Dorpe:
Fijnaart Heijningen Helwijk Langeweg
Moerdijk Noordhoek Standdaarbuiten Zevenbergschen Hoek (grootliks)
Gehuggies:
Achterdijk Barlaque Bovensluis De Druif Drie Hoefijzers <br/ >(grootliks) Driehoek Hazeldonk Hoekske
Kade Kreek Kwartier Lochtenburg Molendijk Nieuwemolen Noordschans Oranjeoord
Oudemolen Pelikaan Roodevaart Strooiendorp Tonnekreek Zevenhuizen Zwingelspaan
Munisipale raad Verkiesings sedert 2010:
Party Setels 2010 2014 2018 2022 Onafhankelijk Moerdijk 9 9 6 8 VVD 4 4 5 4 Moerdijk Lokaal 4 3 Burger Belangen Moerdijk ¹ 2 1 3 CDA 5 4 4 3 PvdA 3 2 2 2 CU 1 1 1 1 D66 1 1 SP 1 2 1 GL 2 1 Totaal 25 25 25 25
¹ In 2022: Burger Belangen Moerdijk / BBB Bondgenoot.
Naburige munisipaliteite
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)
Kategorie:Munisipaliteite in Noord-Brabant Kategorie:Nedersettings in Noord-Brabant