Drimmelen is 'n munisipaliteit en dorp in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, met 'n bevolking van sowat 27 000 in 2022 en 'n oppervlakte van sowat 119 km².

Die munisipaliteit is in 1997 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Hooge en Lage Zwaluwe, Made en Drimmelen en Terheijden. Die naam was eers Made maar is in 1998 verander na Drimmelen.

Die suidelike deel van die Brabantse Biesbosch behoort aan Drimmelen.Die noordelike en uiterste westelike deel van die Brabantse Biesbosch behoort aan die Altena-munisipaliteit. Die Brabantse Biesbosch (behalwe die noordooste) maak deel uit van die nasionale park Die Biesbosch. Die res van die munisipaliteit lê suid van die Amer- en Hollandsch Diep-riviere.

Saam met die munisipaliteite Geertruidenberg en Oosterhout lê Drimmelen in die Amer-streek.

Nedersettings

Dorpe:

Drimmelen Hooge Zwaluwe Lage Zwaluwe Made

 Terheijden   Wagenberg Zevenbergschen Hoek (klein stukkie)

Gehuggies:

Binnen-Moerdijk Blauwe Sluis Drie Hoefijzers (gedeeltelik) Gaete Helkant

Oud Drimmelen Steelhoven Stuivezand Voorstraat

Munisipale raad Verkiesings sedert 2010:

Party Setels 2010 2014 2018 2022 Lijst Harry Bakker 6 8 7 5 VVD 4 3 4 5 Groen Drimmelen (VP/D66) 2 3 3 4 Combinatie Algemeen Belang 4 4 4 4 Samen Drimmelen 1 CDA 2 2 1 1 PvdA 2 1 1 1 Gemeentebelangen 1 GL 1 0 Totaal 21 21 21 21

Naburige munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)

Kategorie:Munisipaliteite in Noord-Brabant Kategorie:Nedersettings in Noord-Brabant