Stoebe muirii is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies in die Wes-Kaap en is deel van die strandveld. Die plant kom van Stilbaai tot by Bredasdorp voor en daar is minder as tien subpopulasies. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1 959 km². Dit word bedreig deur indringerplante en ontwikkeling aan die kus.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Stoebe Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika