Dana Snyman (1963) is 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en dramaturg.
Snyman is in Stellenbosch gebore en het aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer. Hy het later 'n joernalistiekkursus by die Pretoria Technikon gevolg voordat hy by die Afrikaanse koerant Beeld aangesluit het as misdaadverslaggewer.
Drie jaar later word hy joernalis by Huisgenoot-tydskrif, waar hy tien jaar gewerk het. Vanaf 2007 is Snyman die reisredakteur van Weg! tydskrif. Sy eerste boek, Uit die binneland, is in 2005 gepubliseer en sy tweede, Anderkant die skroot, in 2006. Albei is versamelde kortverhale en sketse.
Snyman se eerste toneelstuk, die eenmankomedie Die Uwe, Pottie Potgieter, is die eerste keer in 2006 deur Frank Opperman opgevoer en was die naaswenner vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes-toekenning vir nuwe tekste in die dieselfde jaar.
Toekennings 2005 Mondi Magazine Award vir "Kommenraar en Kritiek".
2005 ATKVeertjie toekenning van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, vir tydskrifjoernalistiek.
2006 ATKVeertjie vir tydskrifjoernalistiek.
Publikasies Uit die binneland, 2005, . Anderkant die scrap, 2006, . Op die agterpaaie, 2008 Op die toneel: stories, reise, stemme, 2009 Hiervandaan: op reis in die geliefde land, 2011 Onder die radar: stories uit ons land, 2013 In die blou kamp: Facebook-stories, 2015 Op pad, ‘n reisjoernaal, 2017 Soekmekaar, 2019 In die tyd van die gif: ’n Jaar en ’n half in stories, 2021 Die binneland in: Nog stories en reise, 2023
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners