Die Rammelkoppas is op ‘n grondpad in die Nuweveldberge aan die noordekant van die Moordenaarskaroo in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.
Die pas is by die koördinate , nagenoeg 55 km oos van Sutherland en 45 km wes van Merweville en amper op die grens met die Noord-Kaap. Dit bereik ‘n maksimum helling van 1:5 en is in die winter dikwels onbegaanbaar weens swaar sneeuval.
Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Bron Rammelkoppas op mountainpassessouthafrica.co.za
Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika