Euryops ursinoides is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap. Dit kom van die Vanstadensberg tot by die Kougaberge voor. Daar was vier subpopulasies bekend waarvan twee by die Longmore- en Otterford-bosboustasies was. Die twee populasies het egter verdwyn, moontlik deur die woud oorgeneem. Hierdie spesie benodig brande om te kan voortplant, sonder gereelde brande word die fynbos dan woude.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Euryops Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika