Anna-Lou Leibovitz (gebore 2 Oktober 1949) is 'n Amerikaanse portretfotograaf wat bekend is vir haar innemende portrette, veral van bekendes, wat dikwels mense in 'n intieme omgewing en posisies uitbeeld. Leibovitz se Polaroid-foto van John Lennon en Yoko Ono, wat vyf uur voor die moord op Lennon geneem is, word beskou as een van die tydskrif Rolling Stone se beroemdse voorbladfoto's.

Die Biblioteek van die VSA-kongres het haar verklaar tot 'n lewende legende, en sy is die eerste vrou wat 'n uitstalling gehad het in Washington se nasionale portretgalery.

Vroeë lewe Leibovitz is op 2 Oktober 1949 in Waterbury, Connecticut, gebore as die derde oudste van ses kinders van Samuel Leibovitz en Marilyn Edith (gebore Heit). Haar pa was 'n luitenant-kolonel in die Amerikaanse lugmag en was van Roemeens-Joodse afkoms. Haar ma was 'n instruktrise in moderne dans van Esties-Joodse afkoms.

Die familie het dikwels rondgetrek en sy het haar eerste foto's tydens die Viëtnamoorlog in die Filippyne geneem.

Leibovitz het aan die San Francisco-kunsinstituut studeer in skilderwerk met die bedoeling om 'n kunsonderwyser te word. Nadat sy haar eerste fotografiewerksessie bygewoon het, het sy haar hoofvak na fotografie verander. Sy is geïnspireer deur die werk van Robert Frank en Henri Cartier-Bresson.

Loopbaan Baie jare lank was Leibovitz se gunstelingkamera 'n Mamiya RZ67. Sy het ook die volgende kameras gebruik:

Hasselblad 500 C/M Minolta SRT-101 Nikon D810 Fuji 6x9-mediumformaatkamers (ook bekend as die "Texas Leica") Canon 5D Mark II Hasselblad H5D

1970-1980 Leibovitz het in 1970 'n loopbaan as fotograaf by Rolling Stone begin. In 1973 is sy as hooffotograaf aangestel, 'n posisie wat sy die volgende 10 jaar sou beklee. Sy het tot in 1983 by die tydskrif gewerk en gehelp om die Rolling Stone-voorkoms te definieer met haar intieme foto's van bekendes.

Op 8 Desember 1980 het Leibovitz 'n fotosessie met John Lennon gehad vir Rolling Stone en hom belowe hy sou op die voorblad verskyn. Nadat hy gevra het Yoko moet ook op die foto wees en sy verskeie posisies probeer het, het sy Lennon gevra om sy klere uit te trek en langs Yoko op te krul. Dit was die laaste professionele foto van Lennon. Hy is vyf uur later doodgeskiet. 'n Maand later het haar foto op die voorblad van Rolling Stone verskyn.

1980-2000 Leibovitz se nuwe styl van beligting en gebruik van helder kleure het haar in 1983 'n posisie by die tydskrif Vanity Fair besorg.

In 1991 het sy 'n uitstalling gehou in die nasionale portretgalery in Washington. Sy was die eerste vrou en die tweede lewende portretfotograaf wat dit reggekry het. In dieselfde jaar is sy deur die Franse regering 'n kommandeur van die Ordre des Arts et des Lettres gemaak. Ook in 1991 het Leibovitz die beroemde fotograaf Margaret Bourke-White nagedoen deur op een van die arenddakspuiers op die 61ste verdieping van die Chrysler-gebou in Manhattan te klim waar sy die danser David Parsons op 'n ander arenddakspuier afgeneem het. Die bekende fotograaf en fotoredakteur van Life John Loengard het Leibovitz se gevaarlike manewales op dié dag vir The New York Times afgeneem.

In 1998 het Leibovitz gereeld vir die tydskrif Vogue begin werk.

2000-tans In 2007 is 'n groot uitstalling van Leibovitz se werk in die Brooklynmuseum gehou. Dit was gebaseer op haar boek Annie Leibovitz: A Photographer's Life, 1990-2005 en het baie van haar professionele foto's van bekendes en persoonlike foto's van haar familie, kinders en lewensmaat Susan Sontag ingesluit. Dat is daarna op sewe ander plekke vertoon, onder meer Washington, D.C., San Francisco en Berlyn, Duitsland.

Merkwaardige foto's Onder Leibovitz se talle merkwaardige foto's tel die volgende: In 1978 het Leibovitz die foto vir Joan Armatrading se vyfde ateljeealbum To the Limit afgeneem en daarvoor vier dae in Armatrading se huis deurgebring. John Lennon en Yoko Ono se foto vir die voorblad van Rolling Stone in 1981, vyf uur voor die moord op Lennon. Gevangenes in die Soledad-staatstronk in Kalifornië, wat elk 'n besoekende familielid 'n drukkie gee, Kersdag 1971. Linda Ronstadt in 'n rooi onderrok op haar bed terwyl sy uitreik na 'n glas water, 1976-voorbladfoto vir Rolling Stone. 'n Naakte, swanger Demi Moore, Augustus 1991, en 'n naakte Demi met 'n geverfde pak klere, Augustus 1992. Fleetwood Mac vir 'n 1977-uitgawe van Rolling Stone. Stevie Nicks en Mick Fleetwood is afgeneem terwyl hulle by mekaar lê, met Christine McVie en Lindsey Buckingham in dieselfde posisie op die ander kant van die bed. John McVie lees 'n Playboy. 220px|thumb|Leibovitz voor haar More Demi Moore-voorbladfoto vir Vanity Fair, 2008. Whoopi Goldberg in 'n bad met melk. David Cassidy vir Rolling Stone wat hom nakend wys van sy kop tot sy middel. Dolly Parton wat vir die kamera flankeer terwyl Arnold Schwarzenegger agter haar sy biseps bult, 25 Augustus 1977 vir Rolling Stone. Dan Aykroyd en John Belushi as The Blues Brothers, met hulle gesigte blou geverf. Keira Knightley en Scarlett Johansson, albei nakend, met 'n ten volle geklede Tom Ford, vir die voorblad van Vanity Fair, Maart 2006. Knut saam met Leonardo DiCaprio, 2007-voorbladfoto vir Vanity Fair."Fans mourn death of polar bear Knut". Koningin Elizabeth II tydens haar staatsbesoek aan die VSA in 2007, en in 2016 by Windsor-kasteel ter viering van haar 90ste verjaardag. Jackie en Joan Collins in 'n limousine, Los Angeles 1987. Sting, nakend in die woestyn, met modder bedek om met die omgewing saam te smelt.PBS Bruce Springsteen se foto's vir sy albums Born in the U.S.A. en Tunnel of Love. 'n 15-jarige Miley Cyrus se halfnaakte foto, wat gelei het tot omstredenheid, Vanity Fair. Michael Jackson, twee keer vir die voorblad van Vanity Fair, asook ander foto's van hom. Bill Gates vir die voorblad van sy boek The Road Ahead. Barack Obama se gesin in die Withuis. 'n Ten volle geklede Johnny Depp wat tussen 'n naakte Kate Moss se bene lê, in 1994. Lady Gaga vir Vogue en Vanity Fair. Rihanna vir Vogue in 2011 en 2012. Mark Zuckerberg en sy swanger vrou, Priscilla Chan, in 2015. Adele for Vogue in 2016. 'n Swanger Serena Williams vir die voorblad van Vanity Fair, Augustus 2017.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse fotograwe