Texel (Tessels:Tessels is 'n Wes-Friese streektaal. Tessel) is 'n munisipaliteit in die provinsie Noord-Holland in die noordweste van Nederland en 'n eiland in die Waddesee. Die administratiewe setel is in Den Burg.
Texel is die grootste Nederlandse Waddesee-eiland. Die eiland het oorspronklik uit twee eilande bestaan, Eierland in die noorde en Texel in die suide.
Texel was baie belangrik as laaiplek ten tyde van die VOC, omdat die Suidersee (natuurlik ook voor die drooglegging en verpoldering) te vlak vir 'n gelaaide skip was. Die (leë) skepe sou eers vanuit Amsterdam vertrek, daarna anker gooi by die diepwaterkant van dié sanderige eiland. Die vrag sou reeds in die pakhuise op Texel wag. Die vrag word gelaai, die boeke nagegaan - en die skip vertrek. Indien dinge voorspoedig verloop, sou die skip oor 'n jaar en 'n half terugkeer. Net buitekant Texel was drie boeie in die see geanker. Sodra die uitgaande skip die tweede boei verbygesteek het, het die reis en die bemanning se soldy amptelik begin.Sleigh, D. 1978. Die uitvaart. In: Jan Kompanjie: die wêreld van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Kaapstad: Tafelberg, pp. 38-39.
Suidwes van die eiland Texel lê die sandplaat Noorderhaaks (ook Razende Bol genoem) met 'n oppervlak van 7 km², wat ook aan die munisipaliteit behoort.
Die eiland se hoogste punt is 15 m hoog.
Plekke
Dorpies:
De Cocksdorp De Koog De Waal Den Burg
Den Hoorn Oosterend Oudeschild
Gehuggies:
Bargen De Nes De Westen Dijkmanshuizen Driehuizen Harkebuurt Het Noorden 't Horntje
Midden-Eierland Molenbuurt Nieuweschild Noord Haffel Noorderbuurt Ongeren Oost Spang
Spijkdorp Tienhoven Westergeest Westermient Zevenhuizen Zuid-Eierland Zuid Haffel
Naburige munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)
Kategorie:Munisipaliteite in Noord-Holland Kategorie:Eilande in die Nederlandse Waddesee