__NOTOC__ 275px|duimnael|Isaak Tirion se kaart (1748) van Goeree-Overflakkee, aangedui op linkerhand tot in die beeldmidde 275px|duimnael|Die Ouddorpse duine
Goeree-Overflakkee (Seeus: Goereê-Overflakkeê) is 'n munisipaliteit en 'n eiland in die heel suide van die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Dit het 'n oppervlakte van sowat 422 km², en het in 2022 'n bevolking van sowat 51 000 gehad. Die saamgestelde naam is aan die tydsame samegroeiing van twee eilande te danke.
Goeree-Overflakkee is hoofsaaklik deur die voormalige eilande Goeree (ook Westvoorn genoem) in die weste en die meer omvangryke Overflakkee (ook Flakkee genoem) in die oostelike binneland gevorm. Die munisipaliteit het in 2013 na 'n proses van munisipale herorganisasie deur die saamvoeging van die munisipaliteite Dirksland, Goedereede, Middelharnis en Oostflakkee tot stand gekom.
Goeree-Overflakkee word deur die volgende waters omsluit: die Noordsee en Slijkgat in die noordweste, die Haringvliet (of Haringstroom) in die noordooste, die Hellegat, Volkerak en Krammer in die suidooste en die Grevelingenmeer in die suidweste. Die eiland word tans deur etlike damme met die Hoekske Waard en Voorne-Putten in die noorde, Skouwen-Duveland in die suide, en die vasteland van Noord-Brabant in die ooste verbind.
Op hierdie eiland word 'n Seeuse dialek gepraat, ten spyte van die lang tradisie van administratiewe bande met Holland. Die bevolking is grootliks streng Christelik. Ouddorp, bekend om sy duine, en Stellendam is bekende vissersdorpies. Die hoofstad is Middelharnis, en die grootste woongebied is die saamgesmelte Middelharnis en Sommelsdijk. Ander plekke is Dirksland en Oude-Tonge.
Plekke Stad: Goedereede
Dorpies:
Achthuizen Den Bommel Dirksland Havenhoofd Herkingen Melissant Middelharnis
Nieuwe-Tonge Ooltgensplaat Ouddorp Oude-Tonge Sommelsdijk Stad aan 't Haringvliet Stellendam
Gehuggies:
Battenoord Klarebeek Kranendijk
Langstraat Oostdijk Zuidzijde
Munisipale raad Verkiesings sedert 2013:
Party Setels 2013 2018 2022 Vitale Kernen Goeree Overflakkee (VKGO) 3 6 7 SGP 9 7 7 CDA 3 4 6 Groep Jan Zwerus ¹ 1 4 VVD 4 3 2 CU 4 3 2 PvdA 4 3 2 D66 0 1 Eiland van Vrijheid (EVV) 1 2 Goeree Overflakkee Samen (GOS) 1 0 Totaal 29 29 31
¹ In 2018 Blanco lijst 10.
Naburige munisipaliteite
Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)
Kategorie:Eilande van Nederland