Tūheitia Pōtatau Te Wherowhero VII (gebore as Tūheitia Paki op 21 April 1955 en gekroon as kiingi Tūheitia - 30 Augustus 2024) het in 2006 die Maori-koning in Nieu-Seeland geword. Hy is die oudste seun van die vorige Maori-monarg, Te Arikinui dame Te Atairangikaahu. Hy is as haar opvolger aangekondig en gekroon op 21 Augustus 2006, die dag van haar begrafnis.
Tūheitia is getroud met makau ariki (koningingemalin) Atawhai en hulle het drie kinders.
Poukai Die Poukai is 'n jaarlikse reeks besoeke deur die Maori-koning aan verskeie marae, 'n tradisie wat van die 19de eeu dateer. Poukai is deur die tweede Maori-koning, Tāwhiao, ingestel. Hy het gesê: "Ek het hierdie instelling begin om die weduwees, ontneemdes en behoeftiges te voed; dit is 'n deur wat geopen is vir die talle mense en die gawe van voedsel."
Daar is elke jaar 29 Poukai en koning Tuheitia woon elkeen by.
Politieke betrokkenheid Koning Tuheitia is aan die voortou van baie politieke kwessies, veral insake die Maori's. In 2018 het hy, in samewerking met die Nieu-Seelandse polisie en die departement van justisie, die Iwi Justice Panel gestig. Dit het ten doel om tronkstrafsyfers onder Maori's te verlaag, wat van die hoogste van enige inheemse volk in die wêreld is.
In 2017 het koning Tuheitia 'n grondverskuiwende oomblik vir die Kingitanga ingelei met die ondertekening van 'n formele ooreenkoms met die departement van korrektiewe dienste, namens die regering van Nieu-Seeland. Die ooreenkoms het onder meer gelei tot die ontwikkeling van 'n reïntegrasiesentrum vir vroue in die tronk wat die lewe geskenk het terwyl hulle daar is. In 'n buitengewone besoek aan 'n vrouetronk in Auckland het die koning moeders en hulle kinders besoek en belowe om nog te doen vir mense wat tronkstraf uitdien.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Maori-monarge