alt=Plakkaat van Anderkant die stilte Fliek|duimnael|Joey de Koker, tweede van links, agter, het in Anderkant die Stilte opgetree. Joey de Koker (1932 - 26 Junie 2014) was 'n aktrise en drama-regisseur. Sy is bekend vir haar betrokkenheid met radiowerk, verhoogproduksies en vir rolle in films soos Die wit sluier (1973), Back to Freedom (1988), Wie Laaste Lag... (1986) en Nag van die 19de (1991).
Biografie Sy het aan La Rochelle in die Paarl gematrikuleer, aan die Universiteit van Stellenbosch 'n graad in Maatskaplike werk verwerf en toe aan Trinity College in Engeland 'n lisensiaat in vertolking gedoen. Babs Laker en Rosalie van der Gucht het saam met haar in Engeland gestudeer.
In 1976 het sy by die SAUK in Auckland Park aangesluit as ’n oorklankingsregisseur. Daar het sy vir onvergeetlike voorbeelde van televisie lipsinchronisasie-oorklanking (lip‑sinc) gesorg en het talle akteurs, regisseurs en klanktegnici vir die SAUK opgelei in hierdie kuns. Sy het onder meer klankversorging vir die Afrikaanse musiekrolprent Jy is my Liefling gedoen. Haar werk sluit ook dramawerk vir die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) sowel as KRUIK in.
De Koker was bekend en geliefd in die Paarl deur haar betrokkenheid met die Paarl Teaterklub wat in die Skuurteater en later in die Ou Meulteater opgetree het met opvoerings soos byvoorbeeld Kwart voor Dagbreek (1996).Joey de Koker 1932-2014: Die Burger, 3 Julie 2014: p. 16
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Alumni van Hoër Meisieskool La Rochelle Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2014