Nusantara (Indonesies: [nusanˈtara]), amptelik die Hoofstad Nusantara (Ibu Kota Nusantara), is die beplande hoofstad van Indonesië en sal in 2024 ingewy word. Die beplande stad sal Djakarta, wat sedert 1945 as hoofstad dien, vervang. Dit is langs die ooskus van Borneo in die huidige provinsie Oos-Kalimantan geleë en sal 'n gebied van 2561 km² beslaan met 'n heuwelagtige landskap met bosse en 'n baai.
Die stad Nusantara sal na verwagting 'n nuwe provinsie vorm wat van Oos-Kalimantan afgestig sal word, soos dit met die hoofstadstreek Djakarta ook gebeur het. Die bouwerk aan Nusantara sal na verwagting in Julie 2022 begin.
Naam duimnael|links|'n Vergulde kaart in die Saal van Onafhanklikheid by die Indonesiese Nasionale Monument, Djakarta, wat die "Nusantara-visie" voorstel. Sabah, Sarawak en Labuan (deelstate en 'n federale gebied van Maleisië), Broenei en Oos-Timor (almal soewereine lande) is ook ingesluit Die woord nusantara is afkomstig uit Oud-Javaans. Die Oud-Javanese woord is saamgevoeg uit nusa ("eilande") en antara ("buitenste"), wat rofweg vertaal kan word as "die buitenste eilande" (uit die eiland Java se perspektief) wat oorspronklik verwys het na dié streek se argipel as 'n vertaling van die Sanskrit Dwipantara met die selfde betekenis by Singhasari, voordat dit na die deur die Majapahit-ryk verowerde gebiede buite Java, wat nou deel vorm van Indonesië, verwys het.
Nusantara is gekies as die nuwe hoofstad se naam om die nasionale visie Wawasan Nusantara ("Nusantara-visie"; "die visie van die Indonesiese argipel") te vereer en dit weerspieël ook dié land se status as 'n eilandstaat. Volgens plaaslike mondelingse Kutainese tradisies in die geskiedkundige manuskrip Salasilah Kutai ("Die genealogie van die Kutai-koninkryk) is die gebied, voordat dit in die 13de eeu Kutai genoem is, ook Nusentara ("land wat verdeel is") genoem.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Indonesië Kategorie:Kusstede