Gymnosporia vanwykii is 'n struik wat hoort tot die genus Gymnosporia. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 495 km². Dit is inheems aan Pondoland en kom van die Umtamvunarivier tot by die Magwa-waterval voor. Die struik het 20-30% van sy habitat afgestaan die afgelope 100 jaar. Die plant word bedreig deur bestaansboerdery, oorbeweiding en te veel veldbrande.
Die spesie is na die Suid-Afrikaanse botanikus Abraham Erasmus van Wyk vernoem.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Gymnosporia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika