Die Spikkelvrug-Dwergpendoring (Gymnosporia elliptica) is 'n struik wat hoort tot die genus Gymnosporia. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 2300 km². Dit kom van Humansdorp tot by Port Elizabeth voor en daar is minder as tien subpopulasies. Dit vorm deel van die fynbos en renosterveld-biome. Die struik word bedreig deur indringerplante, stedelike ontwikkeling, bosbou aktiwiteite en gewasverbouing.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Gymnosporia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika