Karen Anne Carpenter (New Haven, Connecticut, 2 Maart 1950 – Downey, Kalifornië, 4 Februarie 1983) was 'n Amerikaanse sangeres en perkussiespeler. Sy het saam met haar broer Richard Carpenter die groep The Carpenters gestig. Sy is gesien as 'n goeie tromspeler deur ander tromspelers soos Hal Blaine, Cubby O'Brien, Buddy Rich en Modern Drummer Magazine. Sy is veral bekend vir haar vokale eienskappe.

Karen Carpenter het anorexia nervosa gehad, 'n eetversteuring waaroor daar toe min bekend was. Hierdie versteuring het uiteindelik 'n hartstilstand veroorsaak, waaraan sy gesterf het.

In 1996, dertien jaar na haar dood, is nog 'n solo-album vrygestel, genaamd Karen Carpenter.

Verwysings

Bronne

McKay, George (2018). 'Skinny blues: Karen Carpenter, anorexia nervosa and popular music'. Popular Music 37(1): 1–21. doi: 10.1017/S026114301700054X

Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 1983