SAS Charlotte Maxeke (S102) is 'n Heldin-klas duikboot, 'n variant van die Tipe 209 diesel-elektriese aanvalsduikboot wat ontwikkel is deur Howaldtswerke-Deutsche Werft (HDW) van Duitsland, tans in diens van die Suid-Afrikaanse Vloot. Dit is vernoem na Charlotte Maxeke, 'n Suid-Afrikaanse godsdiensleier en politieke aktivis van die vorige eeu.

Agtergrond Suid-Afrika het in Julie 2000 'n kontrak vir drie Tipe 209/1400-duikbote op Howaldtswerke-Deutsche Werft (HDW) en Thyssen Nordseewerke geplaas. Die Tipe 209/1400-duikbote het die Frans-geboude Daphné-klas duikbote, SAS Spear, SAS Assegaai en SAS Umkhonto wat in 2003 uit diens gestel is, vervang. Die Heldin-klas word as Suid-Afrika se eerste "ware" duikbote beskou, aangesien hulle meer geskik was om onder water te wees as die Daphné-modelle.

SAS Charlotte Maxeke het op 7 April 2006 in Simonstad aangekom.

Teen 2021 word SAS Charlotte Maxeke by die Krygkor-dokwerf omgebou en hertoegerus. Befondsing ten bedrae van R189 miljoen is na bewering beskikbaar gestel om die voltooiing van die ombouing gedurende die 2023/24-boekjaar te verseker. https://www.defenceweb.co.za/featured/refit-of-sa-navy-frigates-and-submarines-stalled-by-lack-of-funding/

Verwysings

Kategorie:Duikbote