Rivière Noire is een van die nege distrikte van Mauritius. Die distrik het 'n oppervlakte van 259 vierkante kilometer met 'n bevolkingskatting van 80 939 inwoners op 31 Desember 2015. Die distrik se setel is in Tamarin.
Grense Rivière Noire is aan die suidweskus van Mauritius geleë en het die langste kuslyn van die nege distrikte: Aan die Indiese Oseaan in die weste, noordweste en die suidweste. Vir die res grens die distrik aan drie ander distrikte: Kort aan Port Louis in die verre noordooste. Aan Plaines Wilhems in die ooste. Aan Savanne in die suidooste.
Verwysings
Kategorie:Distrikte van Mauritius