Die bergkoeniebos (Searsia divaricata) is 'n boom wat hoort tot die genus Searsia. Die boom is inheems aan Suid-Afrika en kom in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Vrystaat asook Lesotho voor.
Verspreiding Die plant groei op die oostelike hooglande van die Vrystaat en Lesotho tot by die Drakensberg in KwaZulu-Natal asook die berge rondom Graaff-Reinet. Daar is ook 'n geïsoleerde populasie in die suide van Gauteng.
Die boom se FSA-nommer is 381.2https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online. Clarens News
divaricata Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika