Die Drakensbergdwergtaaibos (Searsia dracomontana) is 'n struik wat hoort tot die genus Searsia. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voor. Dit word gevind op die laer Drakensberge-eskarp by Charlestown en Wakkerstroom in die suide van Mpumalanga en ook by die Van Reenenspas op die Vrystaat-KwaZulu-Natal grens en daar is vyf subpopulasies bekend. Dit het 'n voorkomsgebied van 1953 km² en die plant word bedreig deur oorbeweiding en onbeheerde brande.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online Researchgate
dracomontana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika